|
Tydens die NHSV se 44ste Nasionale Kongres van 2005 is toestemming verleen dat voogtakke van AMOT en Piet Potgieter Monumenttehuise ‘n bydrae kan lewer tot ‘n borgfonds ten opsigte van bogenoemde twee Monumenttehuise deur middel van ‘n maandelikse aftrekorder of ‘n eenmalige bedrag. Hierdie fondse word ook gebruik om bejaardes, wat nie oor voldoende fondse beskik om hul losies te betaal nie, nog steeds te akkommodeer.
Hierdie projek is geloods in 2002 by die Van Rensburg Monumenttehuis met groot welslae. Toestemming is verleen by die vorige Nasionale Kongres in 2002 vir hierdie projek. Takke wat op hierdie wyse bydra tot Van Rensburg Monumenttehuis, word versoek om asseblief daarmee vol te hou.
Borgfondse word nie aan die NHSV Hoofbestuur oorbetaal nie, maar direk aan elke tehuis deur middel van ‘n maandelikse aftrekorder of eenmalig per tjek. Indien u NHSV tak sou belangstel om by 'n projek ten opsigte van een van die tehuise betrokke te raak, moet u asseblief met Willa Cilliers, Rekenmeester Bejaardesorg, kontak maak (012) 325 1857. U bydrae kan die lewe van ons bejaardes baie makliker maak en hulle bekommernis oor die dag van môre verlig!
ooooOOOOoooo
|