... geloof
... dienslewering
... samewerking
... dankbaarheid
Jy is nou hier - > Tuisblad : Finansies :


 

Monumentprojekte

 Doel

Dié projekte het ten doel om groter skakeling te verkry tussen die behoeftes van die Monumenttehuise en die NHSV Hoofbestuur, asook om ‘n beter finansiële bestuur van beskikbare fondse te verseker. Monumenttehuise se voogtakke word by hierdie projekte betrek.

 

Tekorte wat ontstaan, weens bejaardes wie se pensioen plus staatsubsidie nie die volle versorgingskoste opmaak nie, word deur hierdie projekte aangevul. Die geld wat op hierdie wyse ingesamel kon word, het ‘n wesenlike verskil gemaak in die begrotings van die tehuise vir Bejaardes, veral waar die subsidies oor die afgelope jaar drasties verminder het en daar toenemend bejaardes is wat hul losies nie meer kan bybring nie. Hartlike dank aan voogtakke wat deelgeneem het aan hierdie projek vir die Monumenttehuise.

 

Huidige Projekte

          • Van Rensburg Monumenttehuis,
          • Piet Potgieter Monumenttehuis en
          • Andries-Marie Oosthuizentehuis.

Indien u tak as voogtak ‘n bykomende oorbetaling wil doen ten opsigte van een van bogenoemde tehuise kan u dit op die NHSV betaalstaat doen. Spesifiseer asseblief net baie duidelik aan watter tehuis u ‘n oorbetaling wil doen.

 

Prosedure

          • Projekte word jaarliks bekendgemaak – Projekte word in samewerking met die Bestuurder Bejaardesorg geïdentifiseer.
          • NHSV takke begin reeds in Januarie van elke jaar fondse insamel vir dié projekte en doen eenmalige oorbetalings aan die Hoofbestuur aan die einde van Augustus van elke jaar. Hierdie eenmalige oorbetalings geskied saam met die verdere barmhartigheidsoorbetalings vir elke jaar. Die spesifieke tehuis moet deur elke NHSV tak op die NHSV betaalstaat aangedui word om so die korrekte allokering van fondse te verseker.
          • Die NHSV Hoofbestuur betaal dan die gelde oor aan die betrokke huisbestuur.

 

Borg-‘n-Ete projek: Monument Dienssentrum

Voogtakke ingedeel by die Monument Dienssentrum gaan nog steeds voort met die “Borg-‘n-Ete” projek.

Algemeen

Hierdie projekte vervang nie die bestaande bydraes vir Blikskud en Kerskous (koekies en Kersetes) of die borgfondse van die verskillende tehuise nie.

Hierdie projekte vervang ook nie die bydraes aan die NHSV Hoofbestuur vir die verskillende tehuise en fondse (einde Augustus elke jaar – verdere barmhartigheidsoorbetalings) nie.

Ander takke wat nie by een van die Monumenttehuise ingedeel is nie, is ook welkom om by te dra tot die projekte .

ooooOOOOoooo

VERKEN ONS WEBTUISTE:
 BEGIN  
 
 
Kalender Gebeurtenisse
Feb 2012
Ma Di Wo Do Vr Sa So
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
 
Gedagte vir die dag

Geloof, hoop en liefde

Geloof klim teen die trappe op wat liefde gebou het en sien die toekoms deur 'n venster wat hoop oopgemaak het.
      Webmeester: Mari-lizé Beukes -