|
BELASTINGVRYSTELLING
Die Nederduitsch Hervormde Kerk (met ander woorde elke kerkraad en NHSV tak ingesluit) het ingevolge Artikel 30 van die Inkomstebelastingwet belastingvrystelling vanaf 2003/4 verkry. Om voortdurend hierdie belastingvrystelling te kan geniet, moet alle kerkrade en NHSV takke se boeke jaarliks geouditeer word. Die Kerk moet, namens elke kerkraad en NHSV tak, jaarliks gekonsolideerde state voorlê, soos dit vereis word vir die aansoek om belastingvrystelling.
Ons vertrou op elke NHSV tak se samewerking in hierdie verband!
|