... geloof
... dienslewering
... samewerking
... dankbaarheid
Jy is nou hier - > Tuisblad : Finansies :

 

FINANSIëLE RIGLYNE AAN TAKKE

 

NHSV Konstitusie

Volgens artikel 6.6.1 van die NHSV konstitusie, is die bestuur en beheer van alle fondse en bates van ‘n NHSV tak onderhewig aan die Konstitusie. In terme van artikel 6.6.2 en 6.6.8 moet alle takke hulle geoormerkte bydraes aan die NHSV Hoofbestuur oorbetaal.

 

Geoormerkte fondse NHSV Hoofbestuur (31 Augustus)

Behalwe vir bydraes aan die tehuise vir Blikskud en Kerskous en borgprojekte, moet alle ander oorbetalings aan tehuise, al is dit vir ‘n spesifieke projek (bv Monumentprojekte) geoormerk, eers aan die NHSV Hoofbestuur oorbetaal word. Die NHSV Hoofbestuur maak jaarliks, soos die behoefte in die begrotings van die tehuise ontstaan, oorbetalings aan die tehuise. Hierdie begrotings is ter insae by die kantoor van die Direkteur van Bejaardesorg, mnr Johan van Huyssteen.

 

Sien die nuutste NHSV Betaalstaat (NHSV Kantoor - Pro Forma dokumente) vir 'n uiteensetting van NHSV fondse.

 

Jaarlikse riglyne vir die oorbetaling na NHSV fondse word saam met die NHSV omsendbriewe na al die takke gestuur.

 

Kontak die NHSV kantoor (012) 325 0117 indien u verdere riglyne verlang aangaande oorbetalings aan die NHSV hoofbestuur.

 

Indien ‘n NHSV tak uitbetalings wil doen aan tehuise / ander instansies in hulle plaaslike omgewing, doen dit aub direk aan die betrokke instansie en nie aan die NHSV Hoofbestuur nie.

 

DIREKTE INBETALINGS IN DIE BANKREKENING VAN DIE NHSV HOOFBESTUUR U mag u oorbetalings aan die NHSV Hoofbestuur direk in die bankrekening van die hoofbestuur deponeer dmv bankdeposito of internetoorbetaling. Indien u van hierdie direkte metode van oorbetaling gebruik wil maak, moet u asseblief eers met mev Jeanette Fourie by die NHSV kantoor skakel. Sy sal u inlig oor die korrekte prosedure wat u moet volg.

 

Dit is belangrik wanneer u donasies direk inbetaal in die NHSV Hoofbestuur se bankrekening, dat die betaalstaat en ‘n afskrif van die depositostrokie / internetoorbetalingsbewys dadelik aan die NHSV kantoor gefaks moet word en dat die telefoonnommer van die tesourier duidelik op die betaalstaat aangebring is.

 

Direkte inbetalings word gereeld in die NHSV Hoofbestuur se bankrekening gedeponeer. Indien die betaalstaat en die depositostrokie / internetoorbetalingsbewys nie deurgestuur word na die NHSV kantoor toe nie, bly die bedrag, wat inbetaal is, ongeallokeerd op die bankstaat en kan dit glad nie toegedeel word na die verskillende fondse nie. Die betaalstaat moet dus deurgegee word met elke betaling!

 BETALING VAN OUDITGELDE EN SENTIK (KITAL) SE REKENING

Takke ontvang ‘n rekening van die Raad van Finansies vir ouditgeld en kwitansieboekies bestel. Maak asseblief u tjek vir hierdie betalings direk uit aan die Raad van Finansies en pos dit aan die Kerkkantoor. NHSV kwitansieboekies moet direk van SENTIK (KITAL) bestel word.

 

ALGEMENE TOELIGTING RAKENDE DIE HANTERING VAN TAKFINANSIES

 

          • Takbesture moet asseblief toesien dat die tak se boeke jaarliks geoudit word (art 6.8.10).
          • Ouditgelde word tans gehef volgens ‘n standaard tarief vir alle takke. Die Hoofbestuur is tans in gesprek met die Interne Ouditafdeling om te onderhandel vir gewysigde tariewe.
          • Die tesourier moet die kasboek maandeliks op datum hou, aangesien die uitbetalings by elke takvergadering goedgekeur moet word (art 6.8.7). ‘n Opsomming van die maand se transaksies word by elke vergadering voorgelê (art 6.9.3.2) en die opsomming kan nie gedoen word as die kasboek nie op datum is nie.

Sommige takke wag eers vir die jaareinde voordat enige inskrywings in die kasboek gedoen word. Takbesture moet asseblief toesien dat die boeke gereeld nagesien word.

 

          • Hou ‘n lys op datum van belangrike sake ten opsigte van verpligte en ander uitbetalings. Dit vergemaklik kontrole.
          • Alle uitbetalings rakende die NHSV betaalstaat wat aan die hoofbestuur gemaak word, moet met een tjek / oorbetaling gemaak word. Indien u wel per tjek betaal, stuur dit aub per geregistreerde pos.
          • Donasies aan plaaslike instansies in u dorp en gemeenskap word direk aan dié betrokke instansie gestuur – dit moet nie aan die hoofbestuur oorbetaal word nie.
          • Sodra geld ontvang word, moet ‘n kwitansie onmiddellik uitgereik word.
          • Geld moet binne sewe (7) dae na ontvangs gebank word.
          • Tjeks moet altyd deur twee persone geteken word (art 6.8.6).
          • Geen blanko - of kontant tjek mag uitgereik word nie (art 6.8.5).
          • Tjeks moet gekruis word met die woorde: NIE OORDRAAGBAAR NIE..
          • Verpligte Uitbetalings 31 Mei: NHSV Inrigtingsfonds, Bejaardesorgfonds en Administrasiefonds.
          • Verdere Barmhartigheids Uitbetalings: 31 Augustus.
          • Vergewis u van die inligting op die Betaalstaat en die Finansiële Riglyn vir Uitbetalings.
          • Gebruik slegs gestandaardiseerde koeverte, aangesien boetes op die gebruik van ander koeverte gehef word.
          • Alle surplusfondse van ‘n tak moet by die Raad van Finansies belê word (art 6.6.9). Kerkrade (gemeentes) moet dieselfde doen. Die Raad moet fondse tot sy beskikking hê om gemeentes te help wat in nood is.
          • Die NHSV ontvang graag testamentêre bemakings ten opsigte van die Beurs- en Leningsfonds van die NHSV Hoofbestuur vir die finansiering van Hervormde studente.

       

      Dankie vir u samewerking.

 

Tesourie NHSV Hoofbestuur

VERKEN ONS WEBTUISTE:
 BEGIN  
 
 
Kalender Gebeurtenisse
Mrt 2010
Ma Di Wo Do Vr Sa So
1
2
3
4
Węreldbiddag vir Vroue
6
Derde Lydensondag
8
9
10
11
12
13
Vierde Lydensondag
15
16
17
18
19
20
Vyfde Lydensondag & Menseregtedag
Vakansiedag agv Menseregtedag (Sondag)
23
24
Monumenttehuise Direksie vergadering
Skole sluit
27
Sesde Lydensondag
29
30
31
 
Gedagte vir die dag

Liefde

Die liefde gaan nie daaroor om na mekaar te sit en staar nie, maar om saam in dieselfde rigting uitwaarts te kyk. - Antoine de Saint-Exupery (1900-1944), skrywer
      Webmeester: Mari-lizé Beukes -