... geloof
... dienslewering
... samewerking
... dankbaarheid
Jy is nou hier - > Tuisblad : Gedenkalbum :


 

NHSV Stigting – 22 Mei 1940

 

Mev Marié Oosthuizen het die NHSV op 22 Mei 1940 gestig en word so die eerste NHSV voorsitter. Die stigtingskongres het plaasgevind in die Eendracht skoolsaal, te Kochstraat, Pretoria. Dit is bygewoon deur 130 vrouelidmate, waarvan 85 dames afgevaardigdes was. ‘n Totaal van 41 gemeentes van dwarsoor die land was hier verteenwoordig.

 

 

 

Tydens Eendrachtskool se halfeeufeesvieringe is ‘n herdenkingspaneel onthul ter herdenking aan die stigtingsvergadering van die NHSV.

 

 

 

 

 

 

In 2000 is die herdenkingspaneel verskuif vanaf Eendrachtskool na die NHSV kantoor.

Foto: Die NHSV dagbestuur in November 2000 met die herdenkingspaneel.

Staande vlnr: Carina Schutte, Zandra da Silva & Kotie Odendaal

Sittende voor vlnr: Lida Naudé, Rina Delport & Marita Fourie.

 

 

 

 

Foto: Zandra da Silva (links) en Kotie Odendaal (regs) met die herdenkingspaneel van die NHSV, wat nou by die NHSV kantoor gehou word.

Tydens die stigtingskongres, is die leuse “Wees ‘n seën” deur mev Oosthuizen voorgestel en is ook aanvaar deur die stigtingskonges. Die kerkwapen met die NHSV se leuse “Wees ’n seën” daarby, word vir die eerste keer in 1947 as die amptelike wapen van die NHSV gebruik.

 

 

Met die mondigwording van die NHSV in 1961 word vaandels, soortgelyk aan dié een van die NHSV (foto), aan die streke in Suid-wes (Namibië) en Rhodesië (Zimbabwe) geskenk. Die NHSV vaandels is gemaak deur mev EF Bierman, ‘n Hervormde predikantsvrou. Die vaandel is gemaak van swart fluweel, wat vanuit Alexandrië kom. Dit hang aan ‘n embuiastaander en het ook metaalfraaiings afkomstig uit Amerika, gevlegde koord vanaf Engeland en tossels gemaak in Frankryk.
VERKEN ONS WEBTUISTE:
 BEGIN  
 
 
Kalender Gebeurtenisse
Feb 2012
Ma Di Wo Do Vr Sa So
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
 
Gedagte vir die dag

Geloof, hoop en liefde

Geloof klim teen die trappe op wat liefde gebou het en sien die toekoms deur 'n venster wat hoop oopgemaak het.
      Webmeester: Mari-lizé Beukes -