... geloof
... dienslewering
... samewerking
... dankbaarheid
Jy is nou hier - > Tuisblad : Kerk en Gemeenskap :


 

Bejaardesorg

Bestuurder Bejaardesorg - Mnr Johan van Huyssteen (jnvh@nhk.co.za)

 

Die Monumenttehuise van die NHSV

Die NHSV Hoofbestuur vorm die ledevergadering van die Artikel 21 maatskappy. Die direksie bestuur die maatskappy en bestaan uit die dagbestuur van die NHSV, ‘n verteenwoordiger van elk van die huisbesture van die Monumenttehuise, asook die gevolmagtigde van die Administrateur – Bestuurder Bejaardesorg. ‘n Gesamentlike bestuurskomitee van die Monumenttehuise en Ons Tuis bestuur al die tehuise, deur gelyke verteenwoordiging.

 

Die Monumenttehuise sien soos volg daaruit:

* Van Rensburg Monumenttehuis in Pretoria vir verswakte bejaardes.

* Louis Trichardt- en Emily Hobhouse Monumenttehuise vir selfversorgende bejaardes – albei in Pretoria.

* Andries-Marié Oosthuizen Monumenttehuis in Parys – wat versorging van verswakte bejaardes sowel as behuising vir selfversorgende bejaardes bied.

* Piet Potgieter Monumenttehuis in Potgietersrus vir verswakte bejaardes.

* Selfversorgende bejaardes word in woonstelle en dienshuise geakkommodeer.

* Die Tafelberger behuisingskompleks in Kaapstad is die jongste toevoeging tot die Monumenttehuise en word beskerm deur die NHSV, sowel as onafhanklike direkteure.

* Twee dienssentrums, naamlik Emily Hobhouse – en Monument Dienssentrum, lewer primêre en sekondêre gemeenskapsdiens aan hoofsaaklik bejaardes.

* Huidiglik funksioneer slegs Monumentdienssentrum in Danville waar 750 etes per maand aan kinders en werkloses voorsien word.

 

Voogtakindeling

NHSV takke dien as voogtakke vir die onderskeie tehuise (Monumenttehuise sowel as Ons Tuis tehuise) en dienssentrums. Elke tak wat hul voogtakverpligtinge teenoor die tehuise vir bejaardes nakom, maak op hierdie wyse ‘n wesenlike verskil in die lewe van die bejaardes.

NHSV takke het nog altyd hierdie verantwoordelikheid ten opsigte van die Monumenttehuise geesdriftig ondersteun, wat slegs tot voordeel strek van ons bejaardes.

 

Monumenttehuise uitsluitlik NHSV verantwoordelikheid

Die Monumenttehuise is uitsluitlik die verantwoordelikheidvan die NHSV. Die ander kerklike inrigtings soos die Riviera versorgingseenheid, se instandhouding word by wyse van heffings, wat deur gemeentes aan die kerkkantoor oorbetaal word, gefinansier.

 

Ons Tuis

Die NHSV bied deur middel van voogtakke ondersteuning aan Ons Tuis tehuise, naamlik Ons Tuis en Machteld Postmushuis. Ons Tuis se versorgingseenheid, Riviera, word ook finansieel ondersteun.

 

Samewerkingsooreenkoms

Die Monumenttehuise – en Ons Tuis direksies het sedert 1999 ‘n samewerkingsooreenkoms waarvolgens al die tehuise en dienssentrums gesamentlik bestuur word. ‘n Gesamentlike trust is geregistreer waarin bejaardesorg en inrigtingsfondse gestort word.

 

ooooOOOOoooo

VERKEN ONS WEBTUISTE:
 BEGIN  
 
 
Kalender Gebeurtenisse
Feb 2012
Ma Di Wo Do Vr Sa So
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
 
Gedagte vir die dag

Geloof, hoop en liefde

Geloof klim teen die trappe op wat liefde gebou het en sien die toekoms deur 'n venster wat hoop oopgemaak het.
      Webmeester: Mari-lizé Beukes -