... geloof
... dienslewering
... samewerking
... dankbaarheid
Jy is nou hier - > Tuisblad : Kerk en Gemeenskap :


 

   NHSV betrokkenheid in die Kerk en by rade van die Kerk

 

1. Ondersteuningsraad

Die NHSV Hoofbestuur word deur mev Elize Sauer op die direksie verteenwoordig.

2. Raad vir Huwelik, Gesin en Opvoeding – Raad vir Jeugwerk

Mev Annette Smit is die verteenwoordiger van die NHSV Hoofbestuur. Ongeveer 66% van NHSV takke is betrokke by jeugwerk in gemeenteverband.

 3. Raad vir Apostolaat - Sending

Die NHSV Hoofbestuur het noue bande met die HSV te Mamelodi, woon die HSV kongresse gereeld by op uitnodiging en voorsien finansiële ondersteuning.

4. Bybelverspreiding - Bybelgenootskap van SA

Die NHSV Hoofbestuur word deur ds ME Beukes by die Bybelgenootskap van Suid-Afrika verteenwoordig.

5. Teologiese Opleidingsfonds

NHSV takke se bydraes aan die fonds word jaarliks oorbetaal ter ondersteuning van die fonds.

6. Beeldfonds

NHSV takke se bydraes word jaarliks oorbetaal aan die Beeldfonds wat aangewend word vir Kinderhuise. ‘n Bedrag word weer vanaf die Beeldfonds deur die Kerk terugontvang vir kinderversorging.

7. Ons Tuis

Die NHSV bied deur middel van voogtakke ondersteuning aan Ons Tuis tehuise, naamlik Ons Tuis en Machteld Postmushuis. Ons Tuis se versorgingseenheid word ook finansie ë l ondersteun.

Samewerkingsooreenkoms

Die direksies van die Monumenttehuise en Ons Tuis het sedert 1999 ‘n samewerkingsooreenkoms waarvolgens al die tehuise en dienssentrums gesamentlik bestuur word. ‘n Gesamentlike trust is geregistreer waarin bejaardesorg en inrigtingsfondse gestort word.

8. Finale jaar teologiese studente

Die hoofbestuur onder leiding van die voorsitter spreek die finale jaar teologiese studente jaarliks toe. Inligting oor die NHSV word aan die studente deurgegee en op hierdie wyse word die NHSV dan ook bekendgestel aan die voornemende predikante van ons Kerk. Studente ontvang tydens hierdie lesing dan ook ‘n aandenking van die NHSV.

9. Eendrachtkring

Die Eendrachtkring vir emeriti, wewenaars en weduwees funksioneer onafhanklik van die NHSV hoofbestuur. Die hoofbestuur skenk jaarliks ‘n bedrag aan die Eendrachtkring wat aangewend kan word vir administratiewe uitgawes.

10. Rampfonds

Die NHSV Hoofbestuur doen oorbetalings aan uitsonderlike gevalle soos nodig bv Stilfontein ramp van 2005.

 

ooooOOOOoooo

VERKEN ONS WEBTUISTE:
 BEGIN  
 
 
Kalender Gebeurtenisse
Apr 2010
Ma Di Wo Do Vr Sa So
1
Goeie Vrydag
3
Opstandingsondag
Gesinsdag (Paasmaandag)
6
7
8
9
10
11
Skole open
13
14
15
16
17
Paassangdienste
19
20
21
22
23
Noord-Kaap NHSV Streekkongres
Dankdag vir die oes / Biddag vir gesaaides
26
Vryheidsdag
28
29
30
 
Gedagte vir die dag

Inspirasie

Ons tob soveel oor gister... beplan soveel aan more... en onderskat so die wonder van vandag...
      Webmeester: Mari-lizé Beukes -