... geloof
... dienslewering
... samewerking
... dankbaarheid
Jy is nou hier - > Tuisblad : Kerk en Gemeenskap :


 

ALGEMENE DIAKENSVERGADERING (ADV)

Mevv ME Fourie en AJ Smit verteenwoordig die NHSV Hoofbestuur op die Algemene Diakensvergadering, woon die ADV gereeld by en lewer jaarliks verslag aan die ADV oor die werksaamhede van die NHSV.

 

RINGSDIAKONALE VERGADERINGS (RDV)

Twee NHSV taklede word gestuur na die RDV as afgevaardigdes van ‘n NHSV tak. Gegewens volgens NHSV jaarverslae dui aan dat ongeveer 88% van takke verteenwoordig is by die jaarlikse RDV.

Sedert 2003 het die NHSV Hoofbestuur begin om inligting en oorsig oor die NHSV se werksaamhede aan die RDV te stuur vir hantering tydens hul vergaderings. Hierdie inligting bevat ook opgesomde finansi ë le syfers van alle barmhartigheidsuitbetalings van die NHSV takke in ringsverband. Interne Oudit voorsien ons jaarliks van opsommende geouditeerde verslae van NHSV takke in rings- en streekverband. Hierdie state se inligting word verwerk en die syfers word vir elke ring en streek afsonderlik ingevoeg by die NHSV se RDV- en streekverslae vir die jaar. Positiewe terugvoer word deurgaans hieroor ontvang.

 

DIAKENSVERGADERING en DIAKONALE DIENSKOMITEE (DDK)

 Twee NHSV taklede het sitting op die gemeente se diakensvergadering. Volgens gegewens in NHSV jaarverslae word aangedui dat ongeveer 87% van NHSV takke wel sitting het op die gemeente se diakensvergadering.

NHSV takke en lede is ook betrokke by Diakonale komitees / diensgroepe in gemeenteverband. Dit sluit diensgroepe in soos bv: bejaardes, siekes, materiële nood, alkohol & dwelmafhanklikheid, huwelik & gesin, sorgafhanklike kinders, enkellopendes, rousmart en begrafnisse.

 

ooooOOOOoooo

VERKEN ONS WEBTUISTE:
 BEGIN  
 
 
Kalender Gebeurtenisse
Feb 2012
Ma Di Wo Do Vr Sa So
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
 
Gedagte vir die dag

Geloof, hoop en liefde

Geloof klim teen die trappe op wat liefde gebou het en sien die toekoms deur 'n venster wat hoop oopgemaak het.
      Webmeester: Mari-lizé Beukes -