... geloof
... dienslewering
... samewerking
... dankbaarheid
Jy is nou hier - > Tuisblad : NHSV Kantoor :


 

1. NHSV AANDENKINGS - PUBLIKASIES

NHSV dagboek: 365 dae Christenvrou
Redakteur: Dr Elsabé Kloppers
Medewerkers: Vrouepredikante en NHSV Hoofbestuurslede
Samestelling: Dr Wian Kloppers
Die NHSV Hoofbestuur bied met trots aan u hierdie 365 gedagtes waarmee u elke dag sinvol kan begin of afsluit.
-Voorwoord: Mev Marita Fourie.

Prys: R 30.00 (beskikbaar by NHSV kantoor)

Bybelstudie: Gesinsaam
– 52 weke saamgesels in die Christengesin
   Skrywers:  Dr Yolanda Dreyer
                  Dr Wian Kloppers
                  Dr Flip Schutte
Deur hierdie publikasie wil die NHSV poog om gesinslede op ‘n andersoortige wyse rondom die Bybel saam te laat praat, dink en ontspan. In die besonder is hierdie boek ‘n poging om die jeug, van kleuters tot tieners, opnuut op ‘n prikkelende wyse by ‘n geloofsgesprek te betrek en daardeur kommunikasie en gesinsgebondenheid te bevorder.
- Voorwoord: Dr Rina Delport

Prys: R 20.00 (beskikbaar by NHSV kantoor)

2. NHSV AANDENKINGS – LASERSKYWE


Titel: Verhale van Afrikaanse Kinderhelde

Hierdie is ‘n projek saamgestel deur die NHSV Hoofbestuur vir ons kinders – verhale van Dirkie Uys, die legende van Rachel de Beer en nog vele meer is verhale wat deel is van ons roemryke geskiedenis.

Prys: R 60.00 (beskikbaar by NHSV kantoor)

 

Titel: Bybelverhale vir kinders – In woord en lied

Hierdie projek is die tweede laserskyf wat deur die NHSV Hoofbestuur uitgegee is vir ons kinders. Die Kersverhaal, die verhaal van die Barmhartige Samaritaan en vele meer word voortreflik uitgebeeld.

Prys: R 60.00 (beskikbaar by NHSV kantoor)

Titel: NHSV lied

Hierdie opname is gedoen tydens die Nasionale Kongres van 2002. Takke kan die laserskyf met groot gemak tydens vergaderings gebruik.

Prys: R 20.00 (beskikbaar by NHSV kantoor)

3. NHSV AANDENKINGS – BEMARKING

Verjaardagkalender


Hierdie verjaardagkalender kan jaar na jaar gebruik word en bevat ook ruimte vir belangrike- en noodtelefoonnommers.

Prys: R 20.00 (beskikbaar by NHSV kantoor)

 

NHSV geleentheidskaartjies
5 geleentheidskaartjies plus koeverte per pakkie
Prys: R 20.00 per pakkie
(beskikbaar by NHSV kantoor)

NHSV Glansbrosjure

Korporatiewe identiteit van die NHSV word toegelig met voorbeelde en bypassende foto materiaal.
Prys: R 1.00 per brosjure
(beskikbaar by NHSV kantoor)

4. NHSV AANDENKINGS - HERDENKINGS

 

          • Glasblompot : NHSV 65 jaar met NHSV logo afgeëts – Prys: R 30.00 (beskikbaar by NHSV kantoor)
          • Skinkbordlappies : NHSV 60 jaar met NHSV logo geborduur en afwerking in korporatiewe kleure (uitverkoop)
          • Video : NHSV 60 jaar – Die Hervormde Vrou: Hoogtepunte die afgelope eeu– Prys: R 70.00 (beskikbaar by NHSV kantoor)
          • Muurborde : NHSV 50 jaar – (beskikbaar by NHSV kantoor)
          • Publikasie : Vyftig jaar van Seën – NHSV 1940 – 1990.
            Skrywer: Me Milde Jordaan
               
Die doel van die gedenkalbum is om by geleentheid van die NHSV se vyftigjarige bestaan, ‘n oorsig oor die ontstaan, groei en aktiwiteite van die NHSV te gee.
- Voorwoord: Me Milde Jordaan

(beskikbaar by NHSV kantoor)

 

5. NHSV AANDENKINGS met NHSV wapen

 

Boekmerk, briewemes, knipmessie, koekskeppie, koekvurkie, sleutelhouer, suikerlepel en teelepel.

 

6. NHSV AANDENKINGS met NHSV logo

NHSV briefhoofde, NHSV komplimentêre strokies, boekmerkies (karton), pennesakkies, plakkate, voulêers

(beskikbaar by NHSV kantoor)

VERKEN ONS WEBTUISTE:
 BEGIN  
 
 
Kalender Gebeurtenisse
Sep 2010
Ma Di Wo Do Vr Sa So
1
2
3
NHSV Hoofbestuursverg & Monumenttehuise ledevergad...
5
6
7
8
9
10
Noordwes NHSV streekkongres
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
Skole sluit
Erfenisdag
25
26
27
28
29
30
 
Gedagte vir die dag

Inspirasie

Ons tob soveel oor gister... beplan soveel aan more... en onderskat so die wonder van vandag...
      Webmeester: Mari-lizé Beukes -