... geloof
... dienslewering
... samewerking
... dankbaarheid
Jy is nou hier - > Tuisblad : Nuus :


 

Kuiergeleentheid vir Predikantsvroue

Daar word jaarliks ‘n poging aangewend om predikantsvroue by ‘n kuiergeleentheid te betrek. Hierdie kuiergeleenthede word deur die onderskeie streekvoorsitters gereël hetsy op rings- en/of streeksvlak. Dié geleentheid word rondom ‘n spesifieke tema ingerig, wat ook aktueel van toepassing is op die lewe en aktiwiteite van die predikantsvrou (en ook haar gesin).

Versoeke is vanaf predikantsvroue ontvang wat vra dat hierdie kuiergeleenthede op ‘n gereelde basis moet plaasvind. Dit dui op ‘n behoefte onder predikantsvroue om mekaar beter te leer ken, te ondersteun en ook in ligte luim saam te kuier ten spyte van druk programme.

Predikantsvroue word aangemoedig om hierdie geleenthede te ondersteun – dit word spesiaal vir julle gereël!!!

 

NHSV groete!

VERKEN ONS WEBTUISTE:
 BEGIN  
 
 
Kalender Gebeurtenisse
Feb 2012
Ma Di Wo Do Vr Sa So
1
2
3
4
5
6
7
8
9
10
11
12
13
14
15
16
17
18
19
20
21
22
23
24
25
26
27
28
29
 
Gedagte vir die dag

Geloof, hoop en liefde

Geloof klim teen die trappe op wat liefde gebou het en sien die toekoms deur 'n venster wat hoop oopgemaak het.
      Webmeester: Mari-lizé Beukes -