Streekkongres 2006Tema: ?Geloof wat deur liefde tot dade oorgaan?. Die saak waarby ons wil uitkom is dat vrouelidmate op plaaslike vlak, almal binne die situasie van die gemeente en gemeenskap waar hulle leef, sal dink HOE en op watter terreine / WAAR ons geloof baie prakties vertaal gaan word. Of anders gestel, hoe gelowige vroue baie konkreet, op die grondvlak die getuienis van kerkwees deur hulle besielende voorbeeld gaan laat waar word.
Hoofartikel
Die NHSV Hoofbestuur het met die oog op die Nasionale kongres 2005 ‘n indringende Strategiese beplanningsessie gehou saam met al die rolspelers in die Kerk. Die gedagtes het daar uitgekristalliseer rondom die visie op die Kerk, waar die Kerk gesien is as gebeure.
Dit het uitgeloop op die tema van die Nasionale NHSV kongres 2005 nl: “Christenvroue se geloof moet gebeur”.
Kalender Gebeurtenisse
Gedagte vir die dag
Inspirasie
Ons tob soveel oor gister... beplan soveel aan more... en onderskat so die wonder van vandag...