Die NHSV Hoofbestuur het hierdie resepteboek die lig laat sien na aanleiding van een van die vele beskrywingspunte van die NHSV kongres van 2005. Hierdie beskrywingspunt het gehandel oor Afrikanerarmoede en die verskeie brandpunte daarvan. Hierdie projek van die NHSV Hoofbestuur is daarop gemik om resepte beskikbaar te stel wat goedkoop is dog voedsaam en heerlik.
Voorwoord deur Dr Wilhelm J Coetzer - Sekretaris van die Kommissie van die Algemene Diakensvergadering - ”Ek wil ’n dankwoord rig aan die NHSV Hoofbestuur vir die inisiatief wat hulle geneem het met die saamstel van hierdie resepteboek. Met hierdie resepteboek reik die NHSV uit na elke vrou wat met die minste tot haar beskikking, kwaliteit tot die lewe van haar gesin wil toevoeg.”